Eden Tehuis Fasiliteite

FASILITEITE

Eden Tehuis as sorgsentrum word gehuisves in ‘n plaashuis op ‘n kleinhoewe net suid van Brits, met groot oop ruimtes en n hok vol vrolike budgies. Die groot tuin skep ook die ideale geleentheid vir bejaardes om in rond te stap en die plantegroei te geniet of om in die skadu van die lowergroen bome, die vars lug en geselskap van mede inwoner te geniet.

In die groot huis is daar beddens in enkel- sowel as gedeelde kamers beskikbaar. Daar is ‘n groot sitkamer met ‘n TV en gemaklike stoele, asook ‘n eet area waar inwoners saam hulle maaltye kan geniet. Dit dra by om ‘n warm, huislike atmosfeer te skep waar die inwoners mekaar ondersteun en help om soos familie teenoor mekaar op te tree.

Vanuit ‘n veiligheid oogpunt, is die perseel met geëlektrifiseerde omheining toegerus en is daar ook ‘n kontrak met ‘n veiligheid-en­ reaksie eenheid, om sowel die sekerheidsintegriteit van die kompleks en ook die veiligheid van die inwoners deurlopend te verseker

Close Menu
×